29 dood, 166 gewond in terreuraanval in Istanboel
Ronelle Rademeyer - Twee bomontploffings laat gisteraand (Saterdag) in Istanboel, Turkye, het die lewe van 29 mense geëis terwyl 166 beseer is.
Die kragtige ontploffings is kort na mekaar gehoor. Die een het afgegaan in 'n voertuig en die ander een is deur 'n selfmoordbomaanvaller laat ontplof.
Dit het gebeur buite die Vodafone Sokkerstadion in sentraal-Istanboel, tuiste van die Besiktas-sokkerspan. Die ontploffings is gehoor sowat twee ure ná 'n wedstryd waarin die span gespeel het.
Reuters berig die meeste van die slagoffers was polisiemanne wat vir veiligheidsredes by die stadion ontplooi was.
President Tayyip Erdogan het dit as 'n terreuraanval op die polisie en burgerlikes beskryf. "Niemand moet twyfel dat met God se wil, ons as 'n nasie terreur, terroriste-organisasies. . . en die magte agter dit, sal oorkom nie," het hy ná die aanval in 'n verklaring gesê.
Foto: Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie