28 sterftes, 1 726 nuwe gevalle
Die land se Covid-sterftes styg met 28 tot 1 712. Gobabis het die hoogste getal (agt) gevolg deur die Okahandja-distrik met vier, Windhoek- en Mariental-distrikte met onderskeidelik drie elk, Walvisbaai-, Keetmanshoop- en Otjiwarongo-distrikte met onderskeidelik twee sterftes elk, en Rehoboth-, Swakopmund-, Rundu en Onandjokwe-distrikte een elk. Gobabis het vier tuissterftes aangeteken.
Gister is 1 726 nuwe gevalle aangeteken, positiewe koers van 41%, waarvan Erongo en Otjozondjupa elk 13% van die gevalle aangeteken het. Onder die gevalle is 164 leerlinge, 53 onderwysers, 37 studente en 31 gesondheidswerkers. Uit al die gevalle was slegs nege wat een dosis entstof ontvang het, nie een van die positiewe gevalle was ten volle ingeënt nie.
Die aktiewe gevalle staan op 25 306 waarvan 587 in die hospitaal en 104 in die ICU is.
Tot op hede is 130 048 mense teen Covid-19 ingeënt waarvan 29 537 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 74%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie