271 nuwe Covid-19-gevalle, twee sterftes
271 nuwe Covid-19-gevalle, twee sterftes

271 nuwe Covid-19-gevalle, twee sterftes

Henriette Lamprecht
Uit die uitslae van 1 667 van weefselmonsters wat getoets is, het 271 (16,3%) positief vir Covid-19 getoets. Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het ook twee Covid-19-verwante sterftes aangekondig.

Dit bring die aantal bevestigde gevalle op 6 431 en die aantal Covid-19-verwante sterftes op 59 te staan. Die twee sterftes is onderskeidelik in Walvisbaai en Windhoek aangeteken. Laasgenoemde is ‘n 92-jarige man, terwyl die sterfgeval in Walvisbaai ‘n 69-jarige vrou is.

Uit die 271 nuwe gevalle is 170 in Windhoek, 14 in Walvisbaai, 13 in Swakopmund, 18 in Mariental, ses in Rehoboth, 12 in Keetmanshoop, een in Karasburg, twee in Lüderitz, nege in Oshakati, drie in Otjiwarongo, drie in Grootfontein, een in Okakarara, drie in Okongo, twee in Engela, vyf in Outapi, drie in Gobabis, twee in Tsumeb, twee in Katima Mulilo en een elk in onderskeidelik Rundu en Opuwo aangeteken.

Uit die nuwe gevalle is 144 mans en 127 vroue. Die jongste is drie maande oud en die oudste 83 jaar oud.

Volgens Shangula het nog twee mense herstel wat die totaal op 2 734 te staan bring. Uit die 3 638 aktiewe gevalle is ses ernstig siek en 10 kritiek. Tot op hede is 55 054 weefselmonsters getoets en word 7 061 kontakte gemonitor. Huidig is 1 425 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-05-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer