267 nuwe gevalle - 83 gesondheidswerkers in 7 dae toets positief
Uit die 267 nuwe gevalle wat vandag aangekondig is, is 25 gesondheidswerkers, met Windhoek wat weereens die hoogste getal infeksies en wel 190 het. In sewe dae het 83 gesondheidswerkers positief getoets. Vandag se 25 gesondheidswerkers sluit 15 in Windhoek, vyf in Karasburg-distrik, twee in die Khorixas-distrik en een elk in onderskeidelik Grootfontein, Swakopmund en Gobabis.
Buiten Windhoek se 190 gevalle is 13 in Lüderitz, ses in Karasburg, een in Keetmanshoop, nege in Otjiwarongo, drie elk in onderskeidelik Okahandja en Grootfontein, 14 in Khorixas, ses in Swakopmund, twee in Omaruru, een in Walvisbaai, drie in Mariental, twee in Rehoboth, een in Aranos, vyf in Oshakati, vier in Tsumeb en twee elk in onderskeidelik Rundu en Gobabis.
Nog 102 mense het herstel wat die totaal op 14 684 te staan bring. Dit sluit 75 in Khomas, 25 in Erongo en twee in Omusati in.
Die aktiewe gevalle staan tans op 1 689 waarvan 15 gevalle baie ernstig of kritiek is. Dit sluit 11 baie ernstige en drie kritieke gevalle in Windhoek en een kritieke geval in Erongo in.
Tot op hede is 175 923 weefselmonsters getoets, 3 662 kontakte word gemonitor, die Covid-19-verwante sterftesyfer staan op 160 en 696 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie