26 leerlinge toets positief vir Covid-19
Uit die 68 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag aangemeld is, is 26 leerlinge. Dit sluit 23 van die hoërskool St. Joseph in Windhoek en drie leerlinge op Lüderitz in. Uit die 68 nuwe gevalle is 36 mans en 32 vroue. Die ouderdomme wissel van 15 jaar tot 58 jaar.
Uit die 68 nuwe gevalle is 34 in Windhoek, 20 in Lüderitz, een in Keetmanshoop, vyf in Swakopmund, twee in Okahandja, een in Otjiwarongo, twee in Rehoboth en een elk in onderskeidelik Oshakati, Gobabis en Rundu aangemeld. Onder die gevalle in Lüderitz is agt werknemers van dieselfde werksplek wat deur uitgebreide geteikende toetsing identifiseer is.
Nog 67 mense het herstel wat die totaal op 13 339 te staan bring. Dit sluit 24 in Kavango-Oos, 19 in Oshana, 11 in //Kharas, vyf elk in onderskeidelik Omaheke en Erongo, twee in Ohangwena en een in Khomas in.
Die aktiewe gevalle staan nou op 519 waarvan ses baie ernstig of kritiek is. Dit sluit twee ernstige en drie kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Erongo in.
Tot op hede is 150 394 weefselmonsters getoets, 2 982 kontakte word gemonitor en 450 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie