24ste bevestigde geval van Covid-19
Namibië se 24ste bevestigde geval van Covid-19, 'n 51-jarige man, is soos geval 22 deel van dieselfde bemanning van 'n vissersboot wat na die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRC) gereis en op 5 Mei na Namibië teruggekeer het. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula toon die man tans geen simptome van Covid-19 nie en is hy in die isolasie-eenheid van die Walvisbaaise distrikshospitaal. Shangula sê geval 22, 'n 63-jarige man van die kus, is steeds op 'n ventilator in die intensiewesorgeenheid van 'n private hospitaal in Walvisbaai. Hoewel sy toestand steeds kritiek is, sê Shangula toon hy egter wel respiratoriese verbetering.
Shangula het intussen gerugte ontken dat 'n 26-jarige vrou van Groot Aub aan Covid-19 gesterf het. Volgens Shangula is die vrou per ambulans na Windhoek vervoer, maar is sy onderweg na die hospitaal dood. Toetse het gewys sy het nie aan Covid-19 gesterf nie.
Namibië het nou 24 Covid-19-gevalle waarvan 14 ten volle herstel het. Tot op hede is 3 680 weefselmonsters vir die siekte getoets, 378 kontakte word gemonitor en 686 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie