248 nuwe gevalle, 6 sterftes
248 nuwe gevalle, 6 sterftes

248 nuwe gevalle, 6 sterftes

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes skuif met ses - twee op Rehoboth en een elk in onderskeidelik Windhoek, Omaruru, Gobabis en Walvisbaai - op tot 649. Vandag is 248 nuwe gevalle aangemeld waarvan 52 leerlinge, 11 gesondheidswerkers en 10 onderwysers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 821 waarvan 176 in die hospitaal en 40 in die ICU is. Tot op hede het 46 421 (95%) van gevalle herstel.

Tans word 4 022 kontakte gemonitor, 1 440 mense is in kwarantyn en tot op hede is 24 694 mense teen Covid-19 ingeënt.

Kommentaar

Republikein 2025-09-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer