247 nuwe gevalle, twee sterftes
247 nuwe gevalle, twee sterftes

247 nuwe gevalle, twee sterftes

Henriette Lamprecht
Uit 'n rekordgetal van 1 754 uitslae wat ontvang is, het 247 weefselmonsters positief vir Covid-19 getoets. Hiervan was 60% en wel 149 in Windhoek. Die meeste van die res van die gevalle kan aan die hoofstad en mense verbind word wat ten spyte van die reisbeperking steeds uit Windhoek na ander streke reis. Die hoofstad het ook nog twee Covid-19-verwante sterftes aangeteken en wel die van 'n 72-jarige man en 'n 82-jarige vrou. Dit bring die totale sterftes op 41 te staan. Windhoek het sedert 30 Julie tot vandag 17 sterftes in drie weke aangeteken.

Die bevestigde gevalle staan volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula nou op 4 912.

Uit die 247 nuwe gevalle en buiten die 149 in Windhoek is 46 in Walvisbaai, 10 in Swakopmund, een in Omaruru, 15 in Oshakati, vier in Onandjokwe, drie in Tsumeb, twee in Grootfontein, een elk in onderskeidelik Otjiwarongo en Okahandja, vier in Engela, drie elk in Katima Mulilo en Rundu, twee elk in Rehoboth en Gobabis en een in Keetmanshoop.

Tans het die land 2 429 aktiewe gevalle, 2 442 mense het ten volle herstel, 45 744 weefselmonsters is tot op hede getoets en tans is 1 156 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2026-07-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer