241 nuwe gevalle, 1 sterfte
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het 241 nuwe Covid-19-gevalle aangekondig. Dit bring die totaal op 8 323 vir die land te staan. Uit die 241 nuwe gevalle is 135 mans en 106 vroue. Die jongste is een maand oud en die oudste 81 -jaar oud. Die hoogste getal, 170, is in Windhoek aangeteken. Dorpe waar gevalle aangemeld is, sluit Walvisbaai (11), Swakopmund (3), Okahandja (8), Rundu (9) en Rehoboth (7) in. Shangula het ook nog 'n Covid-19-verwante sterfte en wel dié van 'n 51-jarige man in die Outapi-distrik aangekondig. Hy het geen onderliggende mediese toestande gehad nie. Dit bring die totale sterftes op 87 te staan.
Volgens Shangula is meeste van die land se totale getal gevalle in die ouderdomsgroep 40 tot 49 jaar (49%), gevolg deur die ouderdomsgroep 10 tot 29 jaar (31%), 50 jaar en ouer 15% en dié jonger as tien jaar 5%. Nog 128 mense het herstel wat die getal vir die land op 3 611 te staan bring.
Uit die 4 625 aktiewe gevalle is 21 baie ernstig of kritiek. Uit dié 21 gevalle is vyf gevalle in Erongo kritiek, terwyl nege gevalle in Khomas baie ernstig en sewe kritiek is.
Tot op hede is 67 287 weefselmonsters getoets en 1 516 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie