24 sterftes, 263 nuwe gevalle
24 sterftes, 263 nuwe gevalle

24 sterftes, 263 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes vir Namibië het met 24 - vier in Gobabis, ses in Okahandja, twee elk in onderskeidelik Windhoek en Oshikuku en een elk in onderskeidelik Swakopmund, Walvisbaai, Grootfontein, Outjo, Katima Mulilo, Karasburg, Oshakati, Onandjokwe, Engela en Outapi - opgeskiet tot 854. Vandag is 263 nuwe gevalle aangemeld waarvan 18 leerlinge, twee onderwysers, 17 studente en 13 gesondheidswerkers is. Khomas is verantwoordelik vir 42% van die gevalle. Tot op hede het 50 948 (91%) gevalle herstel en is 69 146 mense teen Covid-19 ingeënt.

Tans is 1 966 mense in kwarantyn en 3 057 kontakte word gemonitor.

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer