230 nuwe gevalle, 5 sterftes
Vandag is 230 nuwe gevalle en vyf nuwe sterftes - een elk in onderskeidelik Windhoek, Omaruru en Outapi en twee in Oshakati - aangemeld. Die Covid-19-verwante sterftesyfer staan nou op 564. Die aktiewe gevalle staan op 1 193 waarvan 104 in die hospitaal en 20 in die ICU is. Tot op hede het 43 555 mense herstel. Nog 277 mense is ingeënt wat die totaal vir Erongo en Khomas op 2 875 te staan bring.
Tans is 1 427 mense in kwarantyn en 4 036 kontakte word gemonitor.
Tans is 1 427 mense in kwarantyn en 4 036 kontakte word gemonitor.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie