230 nuwe gevalle, 3 sterftes
Drie nuwe Covid-19-verwante sterftes, een elk in onderskeidelik Gobabis, Rundu en Otjiwarongo, en 230 nuwe gevalle is vandag aangekondig. Die sterftesyfer staan nou op 416. Onder die 230 nuwe gevalle is 87 leerlinge, 14 werknemers in die visbedryf, drie in die mynboubedryf, 16 gesondheidswerkers en 11 onderwysers.
Nog 38 mense het herstel wat die totaal op 35 788 en 'n herstelkoers van 94% te staan bring. Die aktiewe gevalle is tans 1 994 waarvan 150 in die hospitaal en 19 in ICU is. In Windhoek is 57 in die hospitaal en 16 in ICU, in Erongo is 26 in die hospitaal en 1 in ICU en in //Kharas is 18 in die hospitaal.
Tot op hede is 298 178 weefselmonsters getoets, 3 824 kontakte word gemonitor en 2 030 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie