23 uit Windhoek se 40 gevalle is gevangenes
Uit die 40 nuwe Covid-19-gevalle in Windhoek is 23 in die Sentrale Gevangenis in die hoofstad. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, was 53 uit die 894 weefselmonsters wat getoets is positief. Uit die 53 nuwe gevalle is 37 mans en 16 vroue. Die jongste is sewe jaar oud en die oudste 68 jaar oud. Buiten vir die 40 in Windhoek is drie in Rehoboth, twee in Mariental, drie in Otjiwarongo, een elk in onderskeidelik Okahandja, Swakopmund, Walvisbaai, Katima Mulilo en Rundu aangeteken.
Volgens Shangula het nog 96 mense herstel wat die totaal op 9 913 te staan bring. Dit sluit 88 in Kavango-Oos, vier in Kavango-Wes en twee elk in onderskeidelik Ohangwena en //Kharas in.
Uit die 1 947 aktiewe gevalle is vyf in 'n baie ernstige of kritieke toestand. Dit sluit twee kritieke gevalle in Erongo en een baie ernstige en twee kritieke gevalle in Khomas in.
Shangula het ook die Covid-19-verwante sterfte van 'n 58-jarige man van Windhoek met onderliggende mediese toestande aangekondig wat die totaal op 129 te staan bring.
Tans word 7 685 kontakte gemonitor en is 110 723 weefselmonsters tot op hede getoets. Huidig is 990 mense in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie