23 sterftes, 1 656 nuwe gevalle
23 sterftes, 1 656 nuwe gevalle

23 sterftes, 1 656 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Gister is 26 nuwe sterftes in ses distrikte aangeteken - Swakopmund het die hoogste aantal met sewe in totaal, gevolg deur Okakarara met ses (een tuissterfte), Oshikuku vier, Lüderitz drie, Windhoek twee en Outapi een. Nie een van die gevalle was ingeënt teen Covid-19 nie. Saterdag is 1 656 (46% positiewe koers) nuwe gevalle aangeteken met die meeste in Khomas (34%) gevolg deur ||Kharas met 19%. Onder die nuwe gevalle is 235 leerlinge, een onderwyser, een studente en drie gesondheidswerkers. Uit al die gevalle het twee een dosis van 'n Covid-entstof ontvang.
Die aktiewe gevalle staan op 23 660 waarvan 562 in die hospitaal en 106 in die ICU is.
Die herstelkoers staan op 74% met 124 154 mense wat teen Covid-19 ingeënt is en waarvan 26 168 ten volle ingeënt is.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer