23 dood in Kalifornië se wegholbrande
Amerika
Die dodetal in die Tubbs-brande in die Sonoma-distrik van westelike Kalifornië staan op 23.
Die distrik se sheriff het 'n verpligte ontruiming van 7 de Straat Oos en Castle Road gelas. Dit is ongeveer 1,6 kilometer van die geskiedkundige Sonoma-plein en die San Francisco Solano-sendingstasie.
Duisende brandweermanne probeer die brande onder beheer bring wat verwoesting in die gebied gesaai het. Die brande het Sondagnag uitgebreek.
Minstens 3 500 huise en kommersiële eiendomme het afgebrand in een van die ergste rampe in Kalifornië se geskiedenis.
Die hele geskiedkundige dorp Calistoga, met 'n bevolking van 5 000, is laat Woensdag ontruim. Die stad is bekend vir sy warmwaterbronne en wynbedryf en is 'n toeriste-attraksie in die Napa-vallei. Die owerhede het alle besoeke aan die gebied verbied. – Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie