225 nuwe gevalle, 250 herstel
225 nuwe gevalle, 250 herstel

225 nuwe gevalle, 250 herstel

Henriette Lamprecht
Vandag is 225 nuwe Covid-19-gevalle vir die land aangeteken. Hiervan was 47 in onder meer Windhoek, 18 in Grootfontein, 13 in Otjiwarongo, 16 in Walvisbaai, 21 in Katima Mulilo, 20 in Rundu,15 in Rehoboth en 12 in Oshakati aangeteken.

Nog 250 mense het herstel wat die totaal op 30 270 te staan bring. Dit sluit 76 in Ohangwena, 61 in Omaheke, 47 in Khomas, 25 in Oshana, 22 in Otjozondjupa, 10 in Erongo en nege in Hardap.

Die aktiewe gevalle staan tans op 2 055 waarvan 188 in die hospitaal en 27 in intensiewesorgeenhede (ICU) is. In Khomas is 73 in die hospitaal en 19 in ICU, 28 in die hospitaal in Erongo en drie in ICU en 14 in Oshana in die hospitaal en drie in ICU.

Tot op hede is 256 330 weefselmonsters getoets, 5 788 kontakte word gemonitor en 1 663 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer