22 sterftes, 346 nuwe gevalle
22 sterftes, 346 nuwe gevalle

22 sterftes, 346 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes het met 22 tot 3 783 gestyg. Vyf hiervan was tuissterftes in die Oshikoto-streek. Nie een van die sterfgevalle was ingeënt nie. Gister is 346 nuwe gevalle aangeteken waarvan die meeste in Erongo (72) gevolg deur Khomas (68) was. Die nuwe gevalle sluit 30 leerlinge, 11 gesondheidswerkers, twee studente en een onderwyser in. Volgens statistiek verskaf deur die ministerie van gesondheid is 87% van die nuwe gevalle nie ingeënt nie.
Die aktiewe gevalle staan tans op 10 612 waarvan 314 (88,6% nie ingeënt) in die hospitaal en 26 (96,2% nie ingeënt) in die ICU is. Tot op hede het 411 801 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 349 302 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 92%.

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer