22 sterftes, 1 904 nuwe gevalle
Gister is 22 nuwe sterftes aangeteken - nege in Windhoek, vyf in Otjiwarongo, vier in Mariental, twee in Swakopmund en een elk in onderskeidelik Swakopmund en Oshakati. Twee het tuis gesterf. Dit bring die totaal op 1 467 te staan. Maandag is 1 904 nuwe gevalle aangeteken waarvan Khomas 39% (741) van die gevalle uitmaak. Onder die gevalle is 228 leerlinge, 65 onderwysers, 42 studente en 38 gesondheidswerkers. Uit die gevalle het 40 (2%) ten minste een dosis Covid-entstof ontvang, teen die vier wat ten volle ingeënt is. Die positiewe koers is 43%.
Die aktiewe gevalle staan tans op 20 178 waarvan 559 in die hospitaal en 84 in die ICU is. Die herstelkoers is 76% en tot op hede is 118 154 mense teen Covid-19 ingeënt.
Die aktiewe gevalle staan tans op 20 178 waarvan 559 in die hospitaal en 84 in die ICU is. Die herstelkoers is 76% en tot op hede is 118 154 mense teen Covid-19 ingeënt.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie