218 nuwe gevalle, twee sterftes
218 nuwe gevalle, twee sterftes

218 nuwe gevalle, twee sterftes

Henriette Lamprecht
Die getal Covid-19-verwante sterftes styg met twee - een elk in onderskeidelik Otjiwarongo en Walvisbaai - tot 704. Vandag is 218 nuwe gevalle aangemeld waarvan 20 leerlinge, sewe studente, nege gesondheidswerkers en sewe onderwysers is. Die aktiewe gevalle staan tans op 2 242 waarvan 203 in die hospitaal en 60 in die ICU is. Tot op hede het 47 776 (94%) gevalle herstel.

Tans is 1 435 mense in kwarantyn, 2 692 kontakte word gemonitor en tot op hede is 45 003 mense teen Covid-19 ingeënt.

Kommentaar

Republikein 2026-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer