218 nuwe gevalle, twee nuwe sterftes
218 nuwe gevalle, twee nuwe sterftes

218 nuwe gevalle, twee nuwe sterftes

Henriette Lamprecht
Twee sterftes, een op Gobabis en een op Keetmanshoop, het die Covid-19-verwante sterftes tot 420 opgestoot. Uit die 218 nuwe gevalle is 98 leerlinge, vier studente, 14 onderwysers en 11 gesondheidswerkers.

Die aktiewe gevalle staan nou op 1 994 waarvan 163 in die hospitaal en 21 in die ICU is. Nog 226 mense het herstel wat die totaal op 36 220 en 'n herstelkoers van 94% te staan bring. Tot op hede is 301 479 weefselmonsters getoets, 4 011 kontakte word gemonitor en 2 121 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer