214 nuwe gevalle, ses sterftes
214 nuwe gevalle, ses sterftes

214 nuwe gevalle, ses sterftes

Henriette Lamprecht
Die Covid-19-verwante sterftes sedert die aanvang van die pandemie in Namibië het met nog ses - drie in Windhoek en een elk in onderskeidelik Keetmanshoop, Karasburg en Okakarara - tot 702 gestyg. Vandag is 214 nuwe gevalle aangemeld waarvan 31 werknemers in die mynbedryf, 13 leerlinge, 12 gesondheidswerkers en vyf studente is. Tans is daar 2 104 aktiewe gevalle waarvan 200 in die hospitaal en 54 in die ICU is. Tot op hede het 47 698 (94%) gevalle herstel.

Tans is 1 515 mense in kwarantyn, 3 101 kontakte word gemonitor en tot op hede is 44 579 mense teen Covid-19 ingeënt.

Kommentaar

Republikein 2026-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer