212 nuwe gevalle, twee sterftes
Vandag is 212 nuwe Covid-19-gevalle en twee Covid-verwante sterftes aangemeld. Laasgenoemde is 'n 78-jarige vrou van Windhoek en 'n 52-jarige man van Katima Mulilo. Dit bring die getal Covid-19-verwante sterftes vir die land op 319 te staan.
Uit die 212 nuwe gevalle is onder meer 56 in Windhoek, 21 in Swakopmund, 14 in Karasburg, 11 in Keetmanshoop, 16 in Gobabis, 11 in Khorixas, tien in onderskeidelik Tsumeb en Katima Mulilo en nege in Oshakati aangemeld.
Nog 189 mense het herstel wat die totaal op 30 020 te staan bring, 'n herstelkoers van 93%. Die aktiewe gevalle staan tans op 2 080 waarvan 197 in die hospitaal en 29 in intensiewesorgeenhede (ICU) is. In Khomas is 80 in die hospitaal en 19 in ICU, in Erongo 28 in die hospitaal en drie in ICU en in Oshana 21 in die hospitaal en vier in ICU.
Tot op hede is 254 703 weefselmonsters getoets, 5 730 kontakte word gemonitor en 1 758 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie