21 Maart vu00e9u00e9l groter as politiek
21 Maart vu00e9u00e9l groter as politiek

21 Maart véél groter as politiek

Dani Booysen
Die politiek agter oproepe uit sekere oorde om die regering se amptelike vieringe van Namibië se 30ste jaar van onafhanklikheid te boikot, moet beoordeel word vir wat dit is: politiek.

Politiek gaan oor mag en invloed. Om dit te behou, of te versterk as jy minder daarvan het. Die swaard sny na beide kante.

Inwoners moet self krities beoordeel hoe goedkoop of duur sulke politiek kan wees.

Byna drie dekades ná die Suid-Afrikaanse vlag finaal in Namibië gestryk is, is daar hier, soos in die einste buurland, steeds tallle omvattende probleme. Van die krisisse groei. En ons mag nie daarvan terugdeins om oplossings op te eis nie.

Die Swapo-regering is sedert 1990 al baie oor die partypolitieke geur van ampsvieringe gekritiseer. Desondanks bly dit ‘n feit dat ons demokratiese republiek se verjaardag – en dié jaar is ‘n grote – aan almal behoort. Om amptelike byeenkomste by te woon, iets anders sinvol te doen of die dag op jou eie manier te vier, was nog altyd ‘n vrye keuse.

Niemand kan dus die dag kaap nie; al probeer hy ook. Die dag behoort nie net aan die regering of Swapo nie, maar ons elkeen.

Met die drie dekades wat ons binnekort agter die blad het, sal leë en oppervlakkige jolyt wat werklikhede misken natuurlik onvanpas wees.

21 Maart gaan oor ons almal se vryheid, vrede, die kernwaardes van ons Grondwet, ons gedeelde verlede, hede en toekoms, respekvolle meelewing met mekaar, die viering van ons trots op ons nasionale simbole en meer – alles deelgoed wat ons jaloers moet bewaak.

So sê ander

4 Maart 2020

Laat feite paniek temper

Die Covid-19-virus het al na 66 lande versprei.

Wydverspreide paniek oor die nuwe epidemie, veral ook aangevuur deur sosiale media, het meegebring dat duisendmiljarde se waarde op effektebeurse uitgewis is.

Groot konferensies en sportbyeenkomste word links en regs afgelas, en selfs vanjaar se Olimpiese Spele in Japan is dalk in die gedrang. Alles met groot finansiële implikasies. En maatskappye wêreldwyd vrees die ergste vir die huidige boekjaar.

Tog flikker daar stelselmatig meer lig in dié donker tonnel, wat hopelik die paniek – ook in Suid-Afrika – geleidelik sal temper.

Ofskoon ligsinnigheid en samesweringsteorieë oor die epidemie ongevraagd is, is dit ’n feit dat die gevalle in China aan die daal is.

’n Ander feit is dat die virus vinniger versprei, maar minder dodelik is as die ears- en die Mers-virus. Die sterftekoers word op 2% geraam en dit raak meestal mense ouer as 80 met onderliggende siektetoestande, en net sowat 0,1% van kinders jonger as tien.

Mense is met reg angstig, maar moet in gedagte hou dat gewone griep jaarliks sowat 9 000 Suid-Afrikaners eis.

Mense is ook skepties oor ons gesondheidstelsel se vermoë om Covid-19 te hanteer, dog het die bedryf en die interministeriële taakspan nog nie ’n voet verkeerd gesit nie.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2025-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer