2018 is die jaar van rekenskap en hoop
In sy Nuwejaarsboodskap het pres. Hage Geingob gewys op uitdagings wat voorlê, maar ook sy hoop op voorspoed uitgespreek.
Estelle de Bruyn - Vanjaar sal die jaar van rekenskap wees.
Hierdie boodskap, wat verlede jaar tydens die laaste nuuskonferensie van die jaar deur pres. Hage Geingob gelewer is, is in sy Nuwejaarsboodskap herhaal.
"Dit beteken dit sal die jaar wees waarin bestekopnames van ons prestasies en tekortkominge gemaak sal word. Kom ons verseker dat niemand van ons in 2018 tekortskiet nie. Alle ministeries, kantore en agentskappe moet daarna streef om vinniger te werk en dienslewering in die algemeen te verbeter.”
Die president het ook vir respek vir Namibiërs gevra wat dienslewering betref. "Ek is veral besorg oor voortdurende berigte van korrespondensie wat nie deur ministeries, plaaslike owerhede en staatsondernemings erken of beantwoord word nie. As staatsamptenare doen ons niemand 'n guns deur in die staatsdiens te werk nie. Ons beklee posisies van vertroue en ons moet dienooreenkomstig optree," het Geingob gesê.
In sy toespraak, wat op NBC-TV gebeeldsaai is, het Geingob 'n boodskap van hoop en die belofte vir 'n nuwe begin en vars geleenthede vir die nuwe jaar beklemtoon."Terwyl ons nadink oor die jaar wat was, laat ons voorberei om 'n vars benadering en hernude uitkyk te hê terwyl ons ons pad na 'n toekoms met wonderlike geleenthede vir groei en vooruitgang navigeer.
"Die horlosiewysers is gereed om ons die nuwe jaar in te neem, weg van die spanning, angs, berou, teleurstellings, konflik en terugslae van 2017. Voor ons lê 12 nuwe hoofstukke en 356 nuwe geleenthede om 'n nuwe storie te skryf - 'n storie van hoop, gesondheid, welslae, vrede, liefde en voorspoed," het Geingob gesê.
Hy het Namibiërs aangeraai om elkeen 'n rol te speel in die bou van die Namibiese Huis. Dit moet onder meer 'n skoon omgewing behels en 'n benadering om na mekaar om te sien. Dit sluit ook 'n stryd teen armoede en korrupsie in en om na te dink oor die behoeftes van diegene wat minder bevoorreg is.
Geingob het die versekering gegee dat die regering sal voortgaan om dienslewering aan die mense van Namibië, veral in landelike gebiede, te verbeter.
Die regering sal hom ook beywer om werkbare oplossings vir die beskibaarstelling en diens van grond te vind, meer Namibiërs van basiese dienste soos water, sanitasie en elektrisiteit te voorsien en om die padnetwerk uit te brei. Ander infrastruktuurprogramme soos die ontwikkeling van lughawens, hawens en die spoornetwerk sal op 'n deursigtige en aanspreeklike wyse gedoen word.
Geingob het ook gewaarsku dat die ekonomiese storms wat die land verlede jaar in die gesig gestaar het, vanjaar sal voortduur. "Die regering het ernstige kostebesparingmaatsreëls ingestel om te verseker dat ons binne ons fiskale vermoëns lewe. Die korttermynpyn van hierdie maatreëls sal verminder word deur die langtermynvoordele wat sal kom wanneer die ekonomie herstel," het hy gesê.
Hy het namens hom en sy gade, me. Monica Geingos, Namibiërs 'n gelukkige en voorspoedige 2018 toegewens.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie