2017: Heelwat risiko wag

Ondanks beter vooruitsigte het die finansminister gemaan risikofaktore kan 'n demper op groeivooruitsigte plaas.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Namibië kon verlede jaar net daarin slaag om die ekonomie met 1,3% te laat groei.

"Dit was 'n baie moeilike jaar," het die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, gesê toe hy gister hoof uitvoerende beamptes en direksievoorsitters van staatsondernemings in Windhoek toegespreek het.

Dit is 1,2% minder as die 2,5% wat hy tydens sy begrotingshersiening in Oktober verlede jaar voorspel het.

Daar is wel hoop op verbetering vanjaar.

Volgens Schlettwein kan die Husab-uraanmyn, wanneer dit 100% in produksie is, tot soveel as 5% tot die groei van die bruto binnelandse produk (BBP) bydra.

Selfs al word net op 50% van sy kapasiteit geproduseer, kan die myn 'n 2,5% hupstoot aan die BBP gee.

Tog wys Schlettwein daarop dat produksie by die Langer Heinrich-uraanmyn en die Scorpion-sinkmyn verminder is vanweë laer kommoditeitspryse.

Goeie nuus is dat Namibië vanjaar 'n groter skep uit die Suider-Afrikaanse Doeane-uniepoel verwag, wat volgens Schlettwein die ekonomie "'n blaaskansie" sal gee en tyd om skuld en inkomste te stabiliseer.

Hy meen ook dat die ekonomiese inkrimping van 2015 en 2016 aan die afplat is.

Schlettwein het ook die sluier gelig oor hoe Namibië in 'n ekonomies benarde situasie sou wees het indien hy nie in die middeltermyn begrotingshersiening die krane aansienlik toegedraai het nie.

Waar die begrotingstekort nou op 6,3% staan, kon dit 9,6% gewees het; die skuldlas sou op 50% gestaan het teenoor die 42,6% waarop dit nou is en die diens van skuld sou 10% van die begroting geverg het, indien daar by die oorspronklike begroting gebly is.

Hy het ook verduidelik dat likwiditeit beïnvloed is deur die oorhoofse druk wat die rand op finansiële gebied ervaar het.

Met Namibië se afgradering deur internasionale agentskappe van stabiel tot negatief, het dit tot 'n vertrouensverlies gelei wat beleggers in Namibiese uitgifte die skrik op die lyf gejaag het.

"Met die middeltermyn begrotingshersiening is hierdie vertroue in die mark en ons uitgifte herstel. Gevolglik is ons begroting ten volle gefinansier," het Schlettwein gesê.

Hy verwag dat die begroting vanjaar steeds stadig, teen ongeveer 2% sal groei en het die versekering gegee dat die regering nie bo die 42% van die BBP vir sy skuldlas sal gaan nie.

Hy is ook optimisties dat dit oor die mediumtermyn-begrotingsraamwerk tot 40% kan daal.

Hy meen ook dat om die begrotingstekort skielik tot 0% te verminder, dit die ekonomie 'n pynlike slag sou toedien wat die resessie aansienlik sal laat vererger.

Om hierdie rede sal die regering voortgaan om bekostigbare en volhoubare lenings aan te gaan.

Volgens Schlettwein word die land se inkomsterekening belemmer omdat dit te vlak, skeefgetrek en nou is.

Hy sê heelwat probleme word ondervind met die invordering van belasting en om hierdie rede is aansporingsmaatreëls aangekondig om dié wat agterstallig is, aan te moedig om hul sake in orde te kry.

Volgens hom val die grootste belastinglas op individue, en die tyd het aangebreek dat die korporatiewe sektor hierdie las help dra.

Hy het daarop gewys dat diamantmynbou met 51% belas word, ander myne met 32% en die vervaardigingsektor met 18%.

Wanneer vervaardigers egter van al die aftrekkings waarvoor die wet voorsiening maak, gebruik maak, betaal hulle slegs 2% belasting en myne slegs 15%.

Met verwysing na die nagenoeg US$60 miljard wat jaarliks uit Afrika vloei, het Schlettwein gesê 60% van hierdie geld is belasbaar, maar vloei uit die vasteland uit.

"Dis my werk om te verseker dat dit nie in Namibië gebeur nie en dat ondernemings nie belasting ontduik nie. Ek sal in my begrotingsrede meer voorstelle hieroor maak," het hy gesê.

Voorts meen hy die belastinggrondslag moet verbreed word.

Die formele ekonomie dra 65% en die informele sektor 35% tot die ekonomie by.

Volgens Schlettwein is van die informele ekonomiese aktiwiteite uiters winsgewend en maniere moet gevind word waarop dit ook tot die nasionale inkomste kan bydra.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%