2016 was skandalige jaar vir atletiek
Jaaroorsig: Opkikkers
Wim Pretorius
In Julie is die eerste verslag bekend gestel van 'n onafhanklike ondersoek wat deur die Wêreldagentskap teen Verbode Middels in Sport (Wada) laat doen is. Dit het onthul dat Rusland ten tyde van die Olimpiese Winterspele in Sotsji in 2014 'n staatsgesteunde opkikkerprogram bedryf het.
Dié ondersoek in twee dele is deur prof. Richard McLaren, 'n Kanadese regsprofessor, uitgevoer en het onder meer bevind die Russiese departement van sport het die uitslae van toetse gemanipuleer.
Die gevolg was dat Rusland se baan- en veldatlete summier verbied is om aan vanjaar se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro asook enige ander internasionale byeenkomste deel te neem.
Slegs die verspringer Darya Klishina is uiteindelik toegelaat om aan die Spele deel te neem nadat sy aan die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) kon bewys dat sy nie deel van die opkikkerprogram was nie.
In Desember het McLaren die verslag oor die tweede deel van sy ondersoek bekend gestel. Daarin het hy bevind dat meer as 1 000 Russiese sportlui baat gevind het by die staatsgesteunde opkikkerprogram wat dié land tussen 2011 en 2015 bedryf het.
Nie minder nie as vier Russiese deelnemers aan die Winterspele in Sotsji wat goud verower het, het verbode middels gebruik, terwyl nog vyf medaljewenners op die Olimpiese Spele in Londen (2012) ook daarvan verdink word dat hulle opkikkers gebruik het.
McLaren het selfs Rusland se intelligensiediens van 'n moontlike sameswering beskuldig.
“Daar was 'n sameswering wat ontwikkel het tot 'n institusionele en gedissiplineerde strategie – om medaljes te wen,” het McLaren in sy verdoemende verslag gesê.
Die bobslee- en “skeleton”-wêreldkampioenskap sou ook in 2017 in Sotsji plaasvind.
Die verslag en die gebrek aan vertroue in die IAAF om beheer oor sy sport uit te oefen en die gebruik van verbode middels aan bande te lê, het egter tot gevolg gehad dat Amerika en Suid-Korea se atlete gedreig het om dié byeenkoms te boikot.
Die Internasionale Bobslee- en Skeleton-federasie (IBSF) het enkele dae ná die bekendstelling van McLaren se tweede verslag aangekondig dat 'n nuwe stad die byeenkoms sal aanbied.
In dié stadium is daar aanduidings dat Duitsland verskeie stede voorgestel het wat Sotsji moontlik kan vervang, terwyl Swede ook die dorpie St. Moritz as 'n kandidaat voorgestel het.
Die byeenkoms is vir Februarie geskeduleer.
Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het in Desember aangekondig dat 101 atlete wat aan die Olimpiese Spele in Beijing (2008) asook in Londen (2012) deelgeneem het, positief getoets het tydens die hertoetsing van hul monsters.
Kazakstan se Zulfiya Chinshanlo, wat goud in die 53 kg-gewigoptel verower het, het ook positief getoets, asook Svetlana Podobedova (goud in die 75 kg-gewig) en Maiya Maneza (goud in die 63 kg-gewigoptel).
Drie gewigoptellers van Belarus het ook hul opkikkertoets gedop. Hulle is Dzina Sazanavets, Marina Shkermankova (albei 69 kg vir vroue) en Yauheni Zharnasek (105 kg plus vir mans).
Starodubtsev het vierde geëindig en Ikonnikov vyfde.
Twee Suid-Afrikaners, die swemmer Louisa de Jongh en die waterpolospeler Jabulani Sibiya, is albei vir twee jaar geskors deur die internasionale beheerliggaam vir swem en watersport, Fina, nadat hulle positief vir verbode middels getoets het.
Ná al die skandes in 2016 het die IAAF aangekondig dat 'n onafhanklike atletiek-integriteitseenheid in April 2017 gestig sal word. Die doel van die eenheid is om beheer oor die toetse vir verbode middels te neem.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie