201 nuwe gevalle waarvan 87 leerlinge is, twee sterftes
Twee sterftes en 201 nuwe gevalle is vandag aangekondig. Die sterftes is in onderskeidelik Omaruru en Walvisbaai en stoot die getal op tot 384. Uit die 201 nuwe gevalle is 87 leerlinge waarvan 38% van die sekondêre skool Kandjimi in die Nankulu-distrik en 23% van die sekondêre skool Ekulo in Omuthiya is.
Nog 52 mense het herstel wat die totaal op 34 002 en 'n herstelkoers van 96% te staan bring. Die aktiewe gevalle staan op 1 161 waarvan 135 in die hospitaal en 13 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. Dit sluit 62 in die hospitaal en 11 in die ICU in Khomas, 19 in die hospitaal in Erongo en twee in ICU in nege in die hospitaal in Oshana is.
Tot op hede is 280 713 weefselmonsters getoets, 3 982 kontakte word gemonitor en 1 350 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie