20 sterftes, 1 399 nuwe gevalle
20 sterftes, 1 399 nuwe gevalle

20 sterftes, 1 399 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met 20 - 12 in Windhoek, twee elk van Grootfontein en Swakopmund en onderskeidelik een elk in Okahandja, Rehoboth, Keetmanshoop en Walvisbaai - tot 993. Vandag is 1 399 nuwe gevalle aangemeld waarvan 664 (47%) in Windhoek is. Die aktiewe gevalle staan tans op 9 064 waarvan 382 in die hospitaal en 62 in ICU is. Die herstelkoers skuif af tot 84% en tot op hede is 86 409 teen Covid ingeënt.

Kommentaar

Republikein 2025-09-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer