20 jaar gelede vir 10 Junie 2016
Maandag 3 Junie
• Kommersiële boere sal vanjaar geen droogtehulp ontvang nie. Dit is ’n verpletterende slag vir dáárdie boere wat die ruggraat van die kwynende ekonomie van Namibië is en bly en is ’n growwe miskenning van die kommersiële boer se waarde vir die land.
• ’n Fratsongeluk het gisteroggend die lewe van ’n valskermspringer geëis toe sy valskerm nie wou opgaan nie. Hy het slegs sy tweede sprong uitgevoer.
Dinsdag 4 Junie
• ’n Groot leeumannetjie teister die afgelope vier maande die omgewing suidwes van Windhoek onder die Gamsberge met sy kenmerkende geheimsinnige verskyning en verdwyning
• Die regering het sy stilswye gister verbreek oor die beweerde bedrogskandaal met droogtebystand by die Raad van Kerke met ’n amptelike aankondiging dat kriminele klagte oor die aangeleentheid by die polisie aanhangig gemaak is.
Woensdag 5 Junie
• Minstens 12 000 plaaswerkers met sowat 150 000 afhanklikes in die kommersiële boerderygebiede, sal binnekort sonder ’n heenkome wees mits die regering nie daadwerklik verstellings maak aan die droogtehulpplan wat vandeesweek op die tafel beland het en skokgolwe deur die land gestuur het nie.
• Swakara het gister geskiedenis gemaak toe die gemiddelde pelspryse met 70% gestyg het. Dit is die grootste prysverhoging op ’n pelsveiling nóg.
Donderdag 6 Junie
• ’n Tweede entstof-storm dreig om die kop van dr. Otto Hübschle, hoof van die Sentrale Veeartsenykundige Laboratorium van die Ministerie van Landbou. Dit blyk dat hy aan die spits staan van ’n verkooptransaksie met onder meer Angola vir die lewering van 1,2 miljoen dosisse van sy longsiekte-entstof wat deur die VVO as oneffektief geklassifiseer is.
• Die Namibiese howe sal nie skroom om swaarder strawwe aan verkragters op te lê nie, het regter Pio Teek gesê toe hy gister ’n man tot 18 jaar tronkstraf gevonnis het.
Vrydag 7 Junie
• Windhoekers betree volgende week een van die mees kritieke fases in die knellende watersituasie en die stad gaan hom op die mes se punt begewe wanneer watertoevoer met vyftig persent ingekort gaan word.
• Nog ’n slenterslag het Namibië getref. Die toerismeprojek van ’n biljoen dollar vir Suidelike Afrika deur ’n spookmaatskappy wat as Granwell Holdings bekend staan, is ’n groter foefie as die Pidico-debakel.
Sondag 9 Junie
• Bedrog en wanbestuur op watter vlak ook al, is totaal onaanvaarbaar vir die regering en daarom sal alle middele aangewend word om dit uit te roei, het die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, Vrydag gesê.
• Die Ouditeur-generaal het in die kraaines van Hentiesbaai beland met ’n riglyn aan die drie verteenwoordigers van die DTA van Namibië in die dorpsraad. Hulle moet vir ’n OG-ondersoek na die sake van die dorpsraad vra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie