20 jaar gelede...
Maandag 12 April 1999
- Namibië se internasionale aansien as veilige toeristebestemming lê vanoggend ’n tweede keer in net meer as ’n week aan skerwe nadat vier Duitse besoekers Saterdagmiddag in die Windhoekse middestad met messe aangeval en beroof is.
- In die Erongo-streek leef mense in deurlopende vrees, woede en wanhoop in die kroes van misdaad.
- Die waterkrisis op Rehoboth het verlede week ’n nuwe wending geneem toe die dorpsraad sy visiere op NamWater gerig het.
Dinsdag 13 April 1999
- Die direksies van twee van die staat se belangrikste inligtingsmedia, die NBC en New Era, moet vervang word weens te veel aandag wat dié twee instellings aan die nuutgestigde Congress of Democrats van mnr. Ben Ulenga gee.
- ’n Konglomeraat van vakbonde en nie-regeringsinstellings dreig die staat met massa-optrede indien grondhervorming nie verhaas word en stappe gedoen word om grond te vervreem nie.
- Die nuwe Boeing 747-SP van Air Namibia, wat van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) teen N$4.3 miljoen per maand gehuur word, word nou op die redery se internasionale roetes ingespan.
Woensdag 14 April 1999
- Die DTA van Namibië beskou die begroting as ’n stel noodmaatreëls wat op krisisbestuur gegrond is en ten doel het om Swakop by die stembus te laat seëvier.
- Die Taakmag van die Polisie is gisteroggend ingeroep om die gemoedere van honderde studente van die Politegnikum in Windhoek te kalmeer tydens ’n betoging voor die rektor se kantoor.
- Die grootste brandstofprysverhoging sedert Oktober 1990 sal Namibiërs binne die volgende twee weke tref.
Donderdag 15 April 1999
- Vertrekke bedek met diere-ekskresie, krioelende muiste in kaste en ‘n wolk van oorweldigende stank spreek van skokkende tonele in ’n huis waar die Windhoekse munisipaliteit en Dierebeskermingsvereniging gister 19 uiters verwaarloosde honde moes red en ’n gesondheidsgevaar moes afweer.
- ’n Groot oomblik breek vanoggend tienuur vir die Namibië aan wanneer hoofregter Johan Strydom, bygestaan deur twee waarnemende appèlregters, vir die eerste keer gaan voor sit in ’n appèlsaak in die nuwe Hooggeregshofgebou wat sowat anderhalfjaar gelede voltooi is.
- Chaos heers by die Primêre Skool Daweb op Maltahöhe nadat ontevrede ouers die skoolhoof oor sy beweerde diktoriale optrede belet het om die skoolterrein te betree.
-
Vrydag 16 April 1999
- Die waterkrisis op Rehoboth is besig om noodsaaklike dienste op die dorp tot stilstand te ruk.
- Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe gaan in 2002 die tuig as staatshoof neerlê, volgens ’n plaaslike weekblad.
- Beweerde inmenging deur die staat kry die blaam vir die dood van ’n straatkind wat in ’n private kindersorgsentrum in Katutura opgeneem was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie