20 jaar gelede…
Maandag 3 Mei 1999
• Sherwin Vries, Namibië se sensasie op die atletiekbaan, het Vrydag 'n nuwe junior rekord in die 100 m-naelloop behaal tydens 'n internasionale kompetisie vir sekondêre skole van die Konfederasie van Skolesport in Suider-Afrika in Windhoek.
• Skerp kritiek het Vrydag in die Windhoekse Hoërhof uitgegaan oor die wyse waarop daar van die kant van die Ministerie van Streek- en Plaaslike Owerhede en Behuising nie eens die mees elementêre beheer toegepas is met die opgradering van die Katutura-enkelkwartiere nie – 'n projek van sowat N$12 miljoen.
• Vaanda Katjiuongua (22) het Vrydagaand met die negentiende Mej. Namibië-kroon weggestap toe sy as die nuutste skoonheidsambassadeur van die land aangewys is.
Dinsdag 4 Mei 1999
• Geen koerant (Cassinga-dag)
Woensdag 5 Mei 1999
• Gierigheid wat lei tot bedrog, omkopery en korrupsie het gelei tot gesamentlike tronkstraf van bykans dertig jaar en boetes van N$350 000 vir die ses mans wat betrokke was by die reuse- bedrogskandaal van die National Housing Enterprise (NHE).
• 'n Jong man van Windhoek het enkele minute lank die dood in die oë gestaar in wat waarskynlik die eerste voorval van gewapende roof is waarby 'n motorfietsryer betrokke was.
• Die suikerrietprojek in Caprivi is in omstredenheid gedompel met inwoners wat weier om die grond vir die projek van N$1,6 miljard naby die Liambezi-meer af te staan.
Donderdag 6 Mei 1999
• Foonseks deur Telecom-tegnici oor internasionale grense was gister die beskuldiging waarom verskeie Windhoekse sakemanne en inwoners se telefoonrekeninge die afgelope maande buitensporig geklim het.
• Oproepe om grond sonder vergoeding te konfiskeer, is gister in die Nasionale Vergadering deur die Minister van Grond, Hervestiging en Rehabilitasie, me. Pendukeni Iivula-Ithana, verwerp.
• Geen jagpermitte vir buitelandse jagters gaan meer op die grense van Namibië uitgereik word nie.
Vrydag 7 Mei 1999
• 'n Deurbraak in die bekamping van wilddiefstal is in die Otjiwarongo-distrik gemaak toe die polisie 'n groep werkers van die Ministerie van Werke, Vervoer en Kommunikasie op heterdaad betrap het.
• Die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, se voorstel dat alle Namibiese werknemers 'n minimum persentasie van hul inkomste moet opdok om 'n verhoging in ouderdomspensioene moontlik te maak, is gister deur sakelui beskryf as 'n poging van die Regering om sy verantwoordelikheid op belastingbetalers af te skuif.
• Die eerste skote rondom vanjaar se presidensiële en algemene verkiesings het gister geklap toe die Demokratiese Koalisie van Namibië (DCN) sy voorlopige manifesto vir dié verkiesings bekend gemaak het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie