20 Jaar Gelede
Maandag 15 Desember 1997
• Die koerante in die Democratic Media Holdings-groep het anker gegooi langs Namibië se kus. Van vandag af het Windhoek Advertiser, die Allgemeine Zeitung en Republikein 2000, asook die groep se drukkery, John Meinert Printing, 'n vaste teenwoordigheid aan die kus.
• Namibië se meer as 70 000 staatsamptenare staar die komende twee jaar ingrypende veranderinge in die gesig.
Dinsdag 16 Desember 1997
• 'n Groeiende Namibiese staatsdiens saam met 'n uiters teleurstellende ekonomiese vertoning van 29 van die 30 semi-staatsinstellings is volgens 'n geheime verslag van 'n hoëvlak kabinetskomitee 'n resep vir ramspoed.
• Die beste gemiddelde prys nog is Saterdag in Kopenhagen, Denemarke, vir Namibiese karakoelpelse betaal. Op die Swakara-veiling, waar 50 381 pelse aangebied was, is die totale aanbod vir gemiddeld N$117, 81 per pels van die hand gesit.
• Ingrypende veranderinge in die onderwysbedeling van die land is voor die deur. Die nypende finansiële krisis waarin die land hom bevind het nou daartoe gelei dat daar aan besteding op een van die belangrikste hoekstene van die land, naamlik die opvoeding van sy jeug, besnoei moet word.
Woensdag 17 Desember 1997
• Die konstruksiewerk aan 'n multimiljoen dollar ontsoutingsaanleg waar minerale terselfdertyd uit seewater herwin gaan word, sal vroeg in Januarie aanstaande jaar naby Walvisbaai begin.
• Vanjaar se Milo-strandvlugbaltoernooi op Swakopmund het 'n reuse-prysgeld van N$20 000.
• Voortgesette goeie en welkome reëns het sedert Sondag oor groot dele van Namibië geval en die hoogste reënvalsyfers is vandeesweek op Omaruru en naby Okahandja onderskeidelik aangeteken.
Donderdag 18 Desember 1997
• Die regering is feitlik bankrot en sou lankal gelikwideer gewees het as dit nie vir goeie infrastruktuur was wat as grondslag met onafhanklikheidswording geërf was nie, volgens die DTA van Namibië.
• 'n Positiewe wending het ingetree in die mediese toestand van die oud-Namibiese rugbyspeler Henning Snyman. Hy was die afgelope byna drie weke in 'n diep koma ná 'n motorongeluk naby Tsumeb, maar het intussen sy oë oopgemaak en reageer sedert die naweek op dit wat rondom hom gebeur.
• Die toenemende gebruik van Mandrax en kokaïen word wêreldwyd en ook plaaslik beleef.
Vrydag 19 Desember 1997
• Namibië word in 1999 'n nie-permanente lid van die Verenigde Volke Organisasie se Veiligheidsraad. Dit sal die eerste keer wees dat Namibië so 'n senior pos in 'n wêreldliggaam beklee.
• Terwyl die nuwe TransKalahari-hoofweg die roete tussen Namibië en Suid-Afrika met ongeveer 500 km verkort, word die Buitepos- en Mamuno-grensposte net vir 12 ure per dag beman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie