20 jaar gelede
Maandag 20 Augustus 2001
- Die direksie en die hoof uitvoerende beampte van die nasionale vervoerinstelling, TransNamib, is summier deur die Kabinet afgedank.
- Die bedrogskema in die landdroshof op Gobabis waarmee die staat met byna N$39 000 ingeloop is, het Vrydag gesorg dat ’n voormalige polisie-offisier van Gobabis vir drie jaar tronk toe gestuur is.
- Namibiërs sal die staking in die motorvervaardigingsbedryf in Suid-Afrika vir die volgende vier tot ses weke hewig aan die lyf voel wanneer gewilde modelle skaars word.
Dinsdag 21 Augustus 2001
- Sowat 12 ton kos word vandag aan die vloedgeteisterde inwoners van die Kongola-kiesafeling in Caprivi oorhandig.
- Boorwerk in die eerste aflandige prospektering vir olie in die Namib-bekken deur die Amerikaanse maatskappy Vanco, sal binne 12 maande begin.
- Die nuwe direksie van TransNamib is gistermiddag laat deur die Kantoor van die President aangekondig.
- Die kommersiële landbouprodusente van Namibië gaan in die gees van pres. Sam Nujoma se beroep om verantwoordelikheid en samewerking ten opsigte van die grondvraagstuk die kwessie hoog op die agenda van die NLU-kongres plaas.
Woensdag 22 Augustus 2001
- Namibiese sakelui kan aan die voorspits van herontwikkeling in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) wees noudat die vredesproses in dié land op dreef is.
- ’n Bekende omroeper van die NBC se Afrikaanse Diens is in die jongste vlaag gewapende rooftogte wat die land van die Oshikango-grenspos met Angola tot Mariental getref het van sy voertuig en kontant van sowat N$81 000 beroof nadat hy eers aangehou en toe in die bagasieruim van sy motor toegesluit was.
- Onlangse bilaterale samewerkingsinisiatiewe oor onder meer handel tussen Namibië en die DRK is nie op standaard nie.
Donderdag 23 Augustus 2001
- Die uitbraak van bek-en-klouseer in Zimbabwe kan Namibië positief én negatief raak, maar intussen is maatreëls opgeskerp om vleisinvoer van Zimbabwe onmiddellik stop te sit.
- Ouers van koshuiskinders in Namibië sal van aanstaande jaar die hand aansienlik dieper in die sak steek deurdat die Kabinet vandeesweek besluit het om die tariewe met 25 persent te verhoog.
- ’n Jong man van ’n tehuis vir bejaardes moet vandag in die hof op Swakopmund verskyn nadat ’n geveg in ’n tuin van Welwitschia-park se Fase 1 uiteindelik om baie meer as die eienaarskap van ’n ligte vragmotor gegaan het.
Vrydag 24 Augustus 2001
- Die Midgard-voorval, waarin een van Namibië se mees senior en vooraanstaande burgers, mnr. Werner List, in die spervuur is, het gister voor die beplande afhandeling van ’n ondersoek na beweerde verkleinerende aanmerkings deur mnr. List met nuwe eise sterk op die voorgrond getree.
- Namibië sal die DRK weer militêr te hulp snel indien internasionale vredespogings misluk.
- Jonas Savimbi van Unita is ’n oorlogsmisdadiger wat met die volle gewig van ’n krygshof getrek moet word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie