20 jaar gelede
Maandag 23 Oktober 2000
- Die eerste betoging van staatsamptenare en onderwysers sedert onafhanklikwording het Saterdag in Windhoek in ’n teleurstelling geëindig deurdat niemand van Staatshuis die protesskrif in ontvangs geneem het nie.
- Namibië het die naweek die eerste treë na die amptelike instelling van gemeenskapsdiens as geregtelike strafmaatreël gegee om toenemende misdaad en oorbevolkte tronke te bekamp.
- Die bekragtiging van die ooreenkoms vir ’n Internasionale Kriminele Hof deur die Namibiese Parlement binnekort is ’n duidelike bewys van die land se opregtheid om menseregte te beskerm.
Dinsdag 24 Oktober 2000
- ’n Bekende Namibiër het met sy lewe geboet in ’n hernieude terreur-aanslag die afgelope vier dae in suidwestelike Zambië.
- Hewige gevegte woed opnuut in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK), maar Namibiese troepe is nog nie by die jongste geweld ingesleep nie.
- Die Duitse regering het geld bewillig as vergoeding vir die lyding van Herero’s tydens die oorlog teen die Duitsers in 1904.
Woensdag 25 Oktober 2000
- Die heffing van 15% belasting op toegevoegde waarde (BTW) op 27 November vanjaar is ’n feit.
- Dreigemente van ’n landwye staking in ’n poging om die regering te dwing om aan eise vir ’n bevredigende salarisverhoging aan staatsamptenare te voldoen, is die jongste verwikkeling na afloop van die opmars Saterdag na Staatshuis wat nie heeltemal in sy doel geslaag het nie.
- Die vonke kan vandag behoorlik spat op die DTA se bestuursvergadering waar pertinente vrae oor die onlangse Gobabis-hofsaak en geldsake van dié party gestel gaan word.
Donderdag 26 Oktober 2000
- Die Herero-leier van die DTA, mnr. Kuaimo Riruako, se uitsprake dat Duitsland oorlogsvergoeding vir Herero’s goedgekeur het, is onverantwoordelik en volgens die Duitse verteenwoordiger in Windhoek is dit blykbaar gemik om ’n wig tussen die uitstekende samewerking tussen die Namibiese en Duitse regerings in te dryf.
- Boere in Namibië wat vanjaar reeds groot skade as gevolg van landwye veldbrande gely het, voer steeds ’n byna verlore stryd teen vee- en wilddiewe.
- Vyf minderjarige seuns het vroeër vandeesweek uitdrukkingloos in die beskuldigdebank na hul vonnisse geluister wat deur regter-president Pio Teek opgelê is in ’n Hoërhofsaak van verkragting, onsedelike aanranding en aanranding met die opset om ’n 12-jarige meisie by ’n skool op Otjinene in April verlede jaar ernstig te beseer.
Vrydag 27 Oktober 2000
- Die stryd om nog ’n brouerslisensie en ’n belegging van sowat N$150 miljoen deur die bemagtigingsgroep, Fast Pack (Edms) Bpk., gaan nou tot in die Minister van Handel en Nywerheid se kantoor gevoer word.
- Duisende robbe is besig om langs die Namibiese kus te vrek in wat na ’n voorspel tot ’n soortgelyke natuurramp in 1994 lyk.
- ’n Bleek Kersfees wat op een uit elke drie van die sewehonderd werkers van Tunacor nadat bekend geword het dat hulle tussen 25 November en 15 Desember ontslaan gaan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie