20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 6 April 1998

• Grond kan in 'n hervestigingsprogram selfs verniet weggegee word. 'n Vereiste deur die Namibiese Landbou-unie sal egter bly dat dit dan aan potensiële boere moet gaan.

• Die instelling van die Tradisio­nele Raad as 'n grondwetlike liggaam om die President te adviseer oor tradisionele aangeleent­hede, is weens die uiteindelike promulgering van twee stukke wetgewing in troebel water.

• Die Regering bestee gans en al te veel geld op sy salarisrekening en hopeloos te min aan ontwikkelingsprogramme.

• Groot armoede en bankrotskappe kom. Mense gaan meer met hul geld kan koop namate deflasie toeneem, maar die hele land gaan verarm.



Dinsdag 7 April 1998

• Namibië gaan die eerste Afrikaland in vier jaar wees om die bekende popgroep Mango Groove, weer op die verhoog in aksie te sien.

• Die ergste vrese van talle werknemers in die staatsdiens dat hulle hul werk gaan verloor of gedegradeer gaan word met die regering se kommersialisering- en privatiseringskema is bewaarheid.

• Leiers van die Bastergemeen­skap gaan die naweek met 'n reeks vergaderings begin om die proses vir die verkiesing van 'n nuwe tradisionele leier in die plek van wyle Kaptein Hans Diergaardt aan die gang te sit.

• 'n Onderwyser se oorspronklikheid het die naweek besoekers en inwoners van Swakopmund laat kopkrap en aan swendelaars 'n nuwe idee gegee om munt uit niksvermoedende toeriste te slaan.



Woensdag 8 April 1998

• Namibië se 66 000 staatsamp­tenare hou vanoggend asem op vir 'n langverwagte salarisverhoging waarvoor sowat N$141-miljoen reeds in die begroting opsy gesit is.

• Walvisbaai sal na verwagting binne die volgende maande nog 'n mylpaal bereik wanneer die hawe van NamPort as die eerste vryhawe in die Suider-Afrikaanse Streek geproklameer word.

• 'n Groot eer het Namibië te beurt geval toe sy Speaker, dr. Mosé Tjitendero, eenparig as president van die 99ste Inter-parlementêre Unie (IPU) se konferensie verkies is.



Donderdag 9 April 1998

• Namibië staan agt jaar ná Onafhanklikwording op die drumpel van sy eerste grondwetlike wysiging om President Sam Nujoma in staat te stel om vir 'n derde termyn te dien.

• Drie van die mees berugte bendelede wat hulle veral op roof toegespits het en waarskynlik nie geskroom het om hul slagoffers se lewens te neem nie, is vandeesweek gesamentlik tot veertig jaar tronkstraf gevonnis.

• Geen genade sal Paasnaweek betoon word aan mense wat onder die invloed van drank bestuur, nalatig bestuur of hulle skuldig maak aan die beskadiging van verkeerstekens en ander munisipale eiendom nie .



goeie Vrydag 10 April 1998

Kommentaar

Republikein 2025-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer