20 jaar gelede
Maandag 11 September 2000
- ’n Nuwe tydvak van ongehoorde brandstofpryse breek môre om middernag aan wanneer Namibiese pryse vir die eerste keer in jare brandstofpryse van Suid-Afrika oorskry.
- Sy obsessie met die registrasiemerk N3G, wat reeds aan ’n ander motoris toegeken is, het gelei tot die inhegtenisname van dr. Petrus Johannes Damasab, ’n mediese dokter van Grootfontein en broer van die voormalige sekretaris van die Kabinet en president van die NFA, mnr. Petrus Damaseb.
- ’n Veldbrand wat reeds meer as 100 000 hektaar landbougrond verwoes het, het teen gisteraand steeds in die omgewing van die bekende Omataku-berge voortgewoed nadat dit vroeg Saterdag noord van Okahandja ontstaan het.
Dinsdag 12 September 2000
- Alle brandstof in Namibië is vanoggend met ’n gemiddelde van 12,8 persent duurder.
- Terwyl Namibië gister die pylvak na die inwerkingstelling van belasting op toegevoegde waarde (BTW) betree het met ’n belofte van die Minister van Finansies, mnr. Nangolo Mbumba, dat dié oorskakeling nie Namibiërs se sakke sal skud nie, is die stelsel met minder geesdrif uit akademiese sirkels begroet.
- Kusbewoners gaan volgens aanduidinge nie so baie vir ontsoute water opdok as wat aanvanklik gevrees is nie.
Woensdag 13 September 2000
- Die golf onbelemmerde veediefstalle wat dreig om Namibiese landbou te ruïneer, het die kommersiële veesektor gister laat dreig om die reg in eie hande te neem.
- Wetgewing om vertroulike verslaggewing oor, en die aanmelding en openbaarmaking van MIV/vigs-status verpligtend te maak, sal eersdaags aan die Kabinet voorgelê word.
- Die vrywillige repatriasieproses van Namibiërs in Botswana, wat middel verlede jaar weens die Katima Mulilo-aanval opgeskort is, word moontlik eersdaags hervat.
Donderdag 14 September 2000
- Alle oë is op Sydney, met die horlosie wat die ure aftik vir die aanvang van die mees majestueuse skouspel wat die mensdom nog aanskou het – die eerste Olimpiese Spele van die nuwe millennium wat môre afskop.
- Die Namibiese Regering moet sou gou moontlik ’n onteieningsprogram vir kommersiële plase aankondig ten einde momentum aan grondhervorming te gee.
- Midde in ’n vlaag prysskokke kan Namibiërs uitsien na ’n geldelike blaaskans deurdat Namib-Meulens die prys van mieliemeel – die land se hoofstapelvoedsel – Maandag met tussen 3 en 12 persent verlaag.
Vrydag 15 September 2000
- Grondbelasting wat in die toekoms van die kommersiële landbousektor in Namibië gehef gaan word, kan nie gebruik word om die Regering van die politieke dilemma met die grondkwessie te verlos nie.
- Die sluier oor die geheimsinnige aanhouding van 82 beweerde Unita-soldate en hul medewerkers op Dordabis is gister deur die Regering gelig met ’n erkenning dat die groep sedert verlede maand gevangenes is en ’n “bedreiging vir landsvrede inhou”.
- Edel voorskifte in die Grondwet en VVO-konvensies oor die gelykheid van vroue in Namibië is niks anders as strewes nie en steeds nie beginsels wat hul daaglikse lewe vir Namibiërs op ’n praktiese wyse raak nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie