20 jaar gelede
Maandag 8 Oktober 2001
- Amerikaanse en Britse magte het gisteraand met missielaanvalle teen Afganistan en sy regerende Taliban-beweging begin ná herhaaldelike waarskuwings deur pres. George W. Bush dat die “tyd min” word om saam te werk in die stryd teen internasionale terrorisme.
- Hauk Morei, ’n Simmentalerstoetbul van mnr. H. Riedel, het vanjaar tydens die stoetbeesveiling op die Windhoekse Skou die hoogste prys, N$23 000, behaal.
- Heelwat kommer bestaan omdat Namibië nie oor ’n groot genoeg dam in die Oranjerivier beskik om in die huidige en toekomstige vraag na water te voorsien nie.
- Die grootste gedeelte van die kommunale gebiede in die land gaan gebuk onder oorbevolking, oorbewoning, ellende en gebrek aan voldoende infrastrukture en geriewe.
Dinsdag 9 Oktober 2001
- Midde-in ’n dreigende staking deur personeellede van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) is die toekoms van die direkteur-generaal, dr. Ben Mulongewni, steeds in die weegskaal.
- ’n Selfoon het gister die lewe van ’n bekende inwoner van Keetmanshoop gered toe ’n man met ’n mes in die hand en moord in die hart die oggendstilte in Daan Viljoenstraat 7 verbreek het.
- Die veldbrand wat 19 spogplase tussen Kamanjab en Outjo in puin gelê en duisende hektare weiding vernietig het, is die naweek in bedwang gebring.
Woensdag 10 Oktober 2001
- ’n Geliefde seun van Namibië wat nooit vir ’n uitdaging teruggedeins het nie, die gestremde atleet Willie Greyling het Maandag sy wedloop teen die lewe verloor.
- Die slothoofstuk in die boek van storms oor ’n gekweste Air Namibia gaan aan die einde van die maand deur die Regering self geskryf word met die bekendmaking van die bevindinge van ’n presidentskommissie van ondersoek.
- ’n Senior amptenaar van die Ministerie van Binnelandse Sake het skuld beken op twee aanklagte van vervalsing en uitgifte in die Windhoekse landdroshof.
Donderdag 11 Oktober 2001
- Personeellede van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) het gister met ’n oorweldigende meerderheid ten gunste van nywerheidsaksie gestem na onderhandelinge oor salarisverhogings op ’n dooie punt uitgeloop het.
- Dit is vandag presies ’n maand sedert die terreuraanvalle op die Wêreldhandelsentrum in New York en die Pentagon in Washington wat ’n oorlog teen internasionale terrorisme ontketen het.
- Rolle was omgekeer toe ’n visterman gister ’n inspekteur van Visserye by die Permanente Sekretaris van die Ministerie verkla het.
Vrydag 12 Oktober 2001
- Staatshuis moet ingryp om ’n staking af te weer nadat meer as 70 persent van die sowat 500 werknemers van NBC gestem het om Maandag om 00:00 alle uitsendings van radio en TV op te skort.
- Die drie Namibiërs wat ná ’n transitorooftog waarin hulle N$5,3 miljoen uit ’n veiligheidsvoertuig op die pad tussen Brakwater en Windhoek gebuit en saam met twee medepligtiges na Suid-Afrika gevlug het, is gister aan die Namibiese owerheid uitgelewer en het dadelik in die hof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie