20 Jaar Gelede

11 October 2019 | Menings
Maandag 11 Oktober 1999

• Die moontlikheid is groot dat die moordenaar of moordenaars van die Swapo-aktivis adv. Anton Lubowski op grond van tegniese regspunte dalk nooit verhoor kan word nie.

• As 'n beklemtoning van die Nujoma-houvas op Swapo se politieke verteenwoordiging in die Regering sal byna die helfte van Swapo se verteenwoordigers in die nuwe Parlement deur die President aangewys word.



Dinsdag 12 Oktober 1999

• Die uurglas vir die verkoop van die TCL-myne loop oor drie dae leeg wanneer 'n Australiese myngroep se voorleggingsreg verstryk en waarborge vir die koopsom op die tafel moet lê.

• Onverdraagsaamheid en selfverryking deur Swapo se topbestuur het die voormalige Adjunk-minister van Inligting en Uitsaaiwese, mnr. Ignatius Shixwameni, finaal oortuig om die party te verlaat.

• Vrae oor die wenslikheid van Namibië se jongsta para-militêre eenheid het Vrydag ontstaan toe pres. Sam Nujoma die Nasionale Jeugdiensskema in Windhoek ingehuldig het.



Woensdag 13 Oktober 1999

• Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) van 15 persent op algemene goedere kan teen die helfte van aanstaande jaar 'n werklikheid wees as plaasvervanger vir koopbelasting (AVB) en koopheffings (ASD).

• Regulasies vir die registrasie van mikroleners beweeg vanmiddag nog 'n stap nader aan inwerkingstelling met die voorsetting van die tweedelesingsdebat oor dié omstrede onderwerp in die Nasionale Vergadering.

• Die aarde se sesmiljardste inwoner is gister drie minute ná middernag in Sarajevo gebore.



Donderdag 14 Oktober 1999

• Twee vroue word elke uur in Namibië verkrag in 'n toenemende golf van geweld wat teen vroue en kinders aanrol.

• Vandeesweek se drastiese brandstofprysverhogings het skokgolwe deur Namibië se reeds sukkelende ekonomie gestuur.

• 'n Reuseklok sal binnekort in die Windhoekse middestad aangebring word om die laaste dae en minute tot die nuwe millennium af te tel.



Vrydag 15 Oktober 1999

• Geoffrey Mwilima, vermeende Caprivi-afstigtersrebel en voormalige DTA-parlementslid, het gister in die Grootfonteinse streekhof die volle gru-verhaal van sy marteling vroeg in Augustus op Katima Mulilo vertel.

• Verhoogde petrolpryse, 'n beweerde dosis venyn en 'n treksel onregverdigheid is die drie bestanddele in 'n sluimerende oorlog oor saamrygeleenthede tussen Rehoboth en Windhoek.

• 'n Ope uitnodiging is gerig aan alle Namibiërs met 'n belang in die grondkwessie om met voorstelle en kommentaar oor die wetsontwerp oor kommunale grondhervorming vorendag te kom.

• Spanning is aan die oplaai op die grens tussen Namibië en Angola.

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

12 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

23 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

23 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

23 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

23 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

23 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

23 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...