20 jaar gelede
Maandag 2 April 2001
- ’n Ongetekende nuusvrystelling waarin Air Namibia die krisis rondom ’n agterstallige en onbetaalde brandstofrekening en drastiese stappe deur British Petroleum (BP) ontken, is verder in omstredenheid gedompel met ’n ontmoeting vandag in Johannesburg tussen dié leweransier en die besturende direkteur van die lugredery, dr. Jaafar bin Ahmad.
- Produksie is onbepaald by Rössing Uraan as een van die mynreuse van Namibië gestaak as gevolg van die Stryd van die Teepot wat die naweek voortgewoed het.
- ’n Jong vrou was Vrydagmiddag tydens spitsverkeer in die Suidelike Nywerheidsgebied die hulpelose slagoffer van twee gewapende rowers wat haar van etlike duisende dollar beroof het.
Dinsdag 3 April 2001
- ’n Dam in die Oranjerivier moet voor 2008 gebou word om water aan Namibiese landbouprojekte aan die oewers te voorsien.
- Sowat honderd mense van Usakos het gisteraand onderneem om dwarsdeur die nag met ’n betoging vol te hou waarmee hulle vroeg gisteroggend begin het.
- Die vertrouenskrisis tussen die Regering en leierskap van die amptelike opposisie het gister verdiep deurdat twee Swapo-agterbankers benoem is om in die Veiligheidskommissie te dien sodat die werksaamhede daarvan gewettig kan word.
Woensdag 4 April 2001
- Die President se onlangse uitlating dat Afrikaans nie meer in skole gebruik mag word nie, is vandeesweek in Namibië se hoogste wetgewende liggaam in oënskou geneem.
- Die Regering waarborg tans lenings van N$2,123 miljard vir semi-staatinstellings en nog openbare ondernemings waarvan ’n waarborg van N$772 miljoen vir die koop van die Boeing 747-400 Combi staatswaarborge vir Air Namibia hoër maak as die gesamentlike waarborge aan die ander instansies.
- Vrydag is D-dag vir Namibiese motorryers wanneer ’n nuwe verkeerswet in werking tree.
Donderdag 5 April 2001
- Namibië kan as model optree vir ander lande as dit kom by die toepassing van VVO-sanksies teen Unita.
- Pres. Sam Nujoma het die vertroue uitgespreek dat die Namibiese jeug ’n positiewe krag vir verandering kan wees en van Namibië ’n wen-nasie maak.
- ’n Leierskapkrisis in die Verteenwoordigende Studenteraad (SRC) van die Universiteit van Namibië (Unam) dreig om hand uit te ruk.
Vrydag 6 April 2001
- Die verklaring van ’n geskil tussen die vakbond vir Namibiese staatsdienswerkers (Napwu), die nasionale onderwysersunie van Namibië (Nantu) en die Regering kan die betaling van salarisverhogings en ’n 13de tjek vir staatsamptenare verder vertraag.
- Die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se skorsing van 28 Suide-atlete tydens die naweek se nasionale kampioenskap vir hoërskole kan binnekort in die hof draai.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie