20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 30 November 1998

- Duisende Namibiërs trek vandag en môre hul kruisies in die land se tweede verkiesing vir streekrade.

- ’n Soektog na ses mans is van stapel gestuur nadat ’n boot met tien persone aan boord Donderdagaand op pad na die Lüderitz-hawe omgeslaan het.

- Stamkonflik wat die Mafwe-stam nog verder kan laat skeur, dreig oor die vervanging van Opperhoof Boniface Mamili wat na Botswana gevlug het.

Dinsdag 1 Desember 1998

- Ondanks probleme het die eerste stemdag van die streekraadverkiesings gister landwyd vreedsaam verloop.

- Namibië se netto nasionale rykdom is gister met honderde miljoene versterk met die geskiedkundige primêre notering van Sanlam op die Namibiese en Johannesburgse aandelebeurse.

- Die verkiesing in die Khomas-streek is gister in omstredenheid gedompel en kan die onderwerp van ’n hofgeding tussen die partye en die Verkiesingskommissie word.

Woensdag 2 Desember 1998

- Aansprake deur die amptelike opposisie dat vrye en regverdige verkiesings in Caprivi onmoontlik sou wees het gister ooglopend geword met voorlopige aanduidinge dat minder as 5 persent van die ongeveer 27 000 geregistreerde kiesers gestem het.

- Namibië sal baat by die splinternuwe handelsinisiatiewe vir die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat gister deur die Amerikaanse minister van handel, mnr. William Daly, in Kaapstad van stapel gestuur is.

- Die beplande massa-uittog van veral skoliere uit die Caprivi-streek na Botswana het nie werklikheid geword nie, maar Namibië verlaat steeds die streek om politieke asiel in die buurland te vra.

Donderdag 3 Desember 1998

- Voorlopige uitslae van Namibië se tweede streeksverkiesing dui op ’n wegholoorwinning vir Swapo ondanks kommerwekkende lae stempersentasies landwyd.

- Die Post Parkade, ’n multi-miljoen dollar ontwikkelingsprojek van die munisipaliteit van Windhoek in die sentrale sakegebied van die hoofstad, word vandag te midde van groot omstredenheid amptelik in gebruik geneem.

- Stampriet staar vir die eerste keer in menseheugenis ’n ernstige waterkrisis in die gesig weens skerp dalings in die watertafel van die fonteinryke distrik.



Vrydag 4 Desember 1998

- ’n Nywerheidsreus in die Namibiese vleisbedryf het gistermiddag miljoene dollars se skade gely toe ’n kortsluiting vermoedelik die elektriese toevoerkamer van Meatco op Okahandja in puin gelê het.

- Bejaardes in Namibië is die teikens van die eerste ná-verkiesingskok wat die land gister getref het.

- Welkome reën oor dele van die Suide van Namibië het gisteroggend ’n stuk van die treinspoor tussen Keetmanshoop en Karasburg weggespoel.

Kommentaar

Republikein 2026-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer