20 Jaar Gelede
Maandag 18 Januarie 1999
- Windhoek hou vanoggend die sleutel tot ’n skietstilstand in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK).
- ’n Geskenk van nagenoeg ’n ton voedsel aan sowat driehonderd voormalige Planvegters, wat etlike maande reeds met ’n protesaksie op Ondangwa besig is, het ’n politieke debakel ontketen nadat die honger betogers die welwillendheidsgebaar van die hand gewys het omdat hulle dit as “DTA-kos” bestempel.
- ’n Buitelandse forensiese sielkundige wat oornag spoorloos uit Namibië verdwyn het, gaan hom op die hoogste regeringsgesag beroep om na Namibië terug te keer.
Dinsdag 19 Januarie 1999
- Die room van die Namibiese lugmag het gesterf skaars ’n maand nadat hulle onder die grootste geheimhouding in die Demokratiese Republiek van Kongo ontplooi is. Twee van Namibië se drie diensbare militêre helikopters is verwoes.
- Ooreenkomste in Windhoek het gistermiddag die groen lig aan die koördineerder van die vredesinisiatief in die DRK, die Zambiese staatshoof, pres. Frederick Chiluba, gegee om met reëlings vir ’n Lusaka-leiersberaad voort te gaan.
- Dringende samesprekinge tussen Namibiese vleisprodusente en die Minister van Landbou oor die finansiële wurggreep waarin die huidige droogte boere vasgevang het, het gister uitgeloop op ’n ministeriële versoek vir ’n omvattende verslag oor die droogte en moontlike hulpmaatreëls.
Woensdag 20 Januarie 1999
- Vredesdeurbrake in die DRK-konflik word die afgelope 24 uur in Suider-Afrika oorskadu met die ontplooiing van Kuba aan die MPLA-regering in Angola en die gepaardgaande onttrekking van die VVO se vredesmag uit Namibië se noordelike buurstaat.
- Die langdurige droogte het Namibië op die rand van ’n katastrofe met berigte landwyd van boorgate wat opdroog, meerjarige weiding wat onbekombaar is, vee wat vrek en boere wat al hoe dieper in ’n skuldmoeras sink.
- Hoewel plaaslike rentekoerse volgende week deur die bank met een persent behoort te daal, kan Namibiërs dit beswaarlik bekostig om finansieel te ontspan.
Donderdag 21 Januarie 1999
- Die hulp van die internasionale gemeenskap is gevra om die ondertekening en toepassing van die staakvuuroreenkoms in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) te verseker.
- Namibië het sy kommer en besorgdheid uitgespreek oor die hernieude burgeroorlog in Angola.
- Die Minister van Basiese Onderwys en Kultuur, mnr. John Mutorwa, het gister kategories ontken dat swak beplanning aan die kant van sy ministerie die oorsaak is van die huidige chaos in Namibiese skole.
Vrydag 22 Januarie 1999
- In die eggo van die Laaste Kanonsaluut ter ere van gestorwe soldate op nasionale diens het meer as vyfduisend Namibiërs gistermiddag in die tuine voor die Parlementsgeboue saam getreur oor die prys wat mense bereid is om vir hul land te betaal.
- ’n Eland met lastige vrae staan nou al langer as twee maande by die Trophäeandienste, ’n taksidermis op die pad tussen die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en Windhoek. Die trofee behoort glo aan pres. Sam Nujoma en die taksidermis begin nou al kriewelrig raak omdat dit nie afgehaal word nie.
- Die Windhoekse Hoërhof het gister gehoor hoe ’n spel met dobbelstene waartydens die deelnemers ’n kans gestaan het om geld te wen, die gemoedere só hoog laat loop het dat een van die deelnemers met sy lewe moes boet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie