20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 3 Augustus 1998

- Die omstrede lening van N$75 miljoen uit die Pensioenfonds vir Staatsdiensinstellinge, die GIPF, vir die Stocks & Stocks Hotel en Casino in Windhoek, het ’n groot verleentheid vir die regering geword.

- ’n Verslag wat van deurslaggewende belang sal wees vir die toekoms van Angola, sal aan die Veiligheidsraad van die VVO voorgelê word ná samesprekinge later vandag en môre tussen die VVO se spesiale gesant en die twee strydende partye, die MPLA en Unita.

- Die Namibië Landbou-unie (NLU) sal nie in die openbaar betrokke raak by debatte en sodoende reageer op die emosionele uitbarstings van die National Union of Namibian Workers (NUNW) oor die grondverdelingskwessie nie.



Dinsdag 4 Augustus 1998

- Strukturele probleme in die Namibiese ekonomie en beperkte groeipotensiaal was gister die draer van die doodstyding vir nuwe besigheid deur Southern Lewens.

- Herregistrasie van kiesers kan deur die nuwe afbakening van kiesafdelings genoodsaak word maar die verwagting is dat dit nie die hou van streekverkiesings later vanjaar sal vertraag nie.

- Die plaaslike finansiële sektor staar ’n nuwe krisis in die gesig met die wetsontwerp op Maatskaplike Voorsorg se nasionale pensioenskema.



Woensdag 5 Augustus 1998

- Namibië sal die speelgrond wees vir Afrika se mees gesogte gesig wanneer die M-Net Face of Africa-kompetisie in Februarie volgende jaar in Windhoek aangebied word.

- ’n Fratsvloed in die nuwe Bank van Namibië-gebou in Robert Mugaberylaan het gister skade van etlike miljoene dollars veroorsaak – enkele dae voordat die gebou finaal voltooi sou word.

- Volskaalse oorlog dreig nou in Angola en veral in die grensgebiedvlak aan Namibië te midde van werwingsveldtogte vir internasionale huursoldate wat deur die Unita-beweging geloods is.



Donderdag 6 Augustus 1998

- ’n Vliegtuig laat in die nag met ’n spesiale gesant uit Sentraal-Afrika na Windhoek het Suider-Afrikaanse militêre ingryping in konflikte in lande Besuide die Sahara op die voorgrond geplaas.

- Druk op die regering om goedkoper kos, waaronder suiwelprodukte, aan die bevolking beskikbaar te stel, kan saam met die storting van Suid-Afrikaanse produkte die Namibiese suiwelbedryf vernietig.

- Stocks & Stocks het ’n netto verlies van bykans N$89 miljoen aangekondig. Sy hotelbedrywighede in Namibië is as een van die bydraende faktore uitgesonder.

Vrydag 7 Augustus 1998

- Tonele wat herinner het aan die voor-onafhanklikheidsera het hulle gisteraand in Windhoek se hoofstraat afgespeel toe broeders van die vryheidstryd in ’n drama van polisie-inkering vasgevang is.

- Die president van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), mnr. Laurent Kabila, het bevestig dat hy die spitsberaad oor die wydverspreide konflik in sy land die naweek by die Victoria-watervalle gaan bywoon.

- ’n Drastiese vermindering van Rehoboth se watervoorraad tree Maandag in werking ná die dorpsraad na bewering ’n ooreenkoms met die nasionale grootmaatwatervoorsiener, Namwater, verbreek het om die dorp se waterskuld van sowat N$4,5 miljoen te betaal.

Kommentaar

Republikein 2025-08-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer