20 jaar gelede . . .
20 jaar gelede . . .

20 jaar gelede . . .

Maandag 22 Maart

• Geen koerant (Onafhanklikheidsdag)



Dinsdag 23 Maart

• Swaar reënbuie is sedert Donderdagaand oor die sentrale en oostelike dele van die land ontvang en die Aranos-omgewing wat sedert die begin van die reënseisoen nog min reën gekry het, het tot Saterdag ook plek-plek goeie reën ontvang.

• 'n Onsuksesvolle aanbod van Metals and Mining Corporation of Namibia (MMC) om die TCL-myne aan te koop, kan rampspoedige gevolge vir Namibië inhou.



Woensdag 24 Maart

• Vakbond- en studentemagsbasisse van Swapo, vooraanstaande Swapo-figure en dienende opposisieleiers is van die hoekstene waarop die nuwe politieke party van mnr. Ben Ulenga, die Congress of Democrats, sy ondersteuning gebou het.

• Die status van die sowat 2 500 Namibiërs in Botswana sal na verwagting teen die einde van die maand gefinaliseer word.

• Personeel van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste het Vrydag die Ministerie se erns om geld te bespaar bevraagteken toe nagenoeg N$3 000 op 'n planterangskikking vir onafhanklikheidsvieringe bestee is.



Donderdag 25 Maart

• Swaar verliese vir die Namibiese weermag in die Kongo is in 'n sluier van geheimhouding gehul midde bevestigde berigte van DRK-regeringstroepe wat uit die land vlug.

• Die privatisering van die registrasie van kiesers is die enigste wyse waarop 'n akkurate kieserslys opgestel kan word.

• 'n Projek, eerste in omvang in Afrika, gaan in Windhoek begin word om afvalwater van die noordelike nywerheidsgebied deur middel van 'n geïntegreerde biostelsel te benut.

• Die eensydige erkenning van Swapo-gesinde vakbonde deur die regering het op die vooraand van die Presidensiële Kommissie van Ondersoek na Onderwys, Kultuur en Opleiding in die spervuur beland.



Vrydag 26 Maart

• Die deure van hoop op pensioen­verhogings het in die Parlement toegeklap op Namibië se meer as 90 000 bejaardes.

• Die politieke geskarrel om 'n skietstilstand in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) te bewerkstellig, is verder gevoer met 'n onverwagse blitsbesoek Woensdag deur President Sam Nujoma aan sy Zimbabwiese eweknie, mnr. Robert Mugabe.

• Onderwysers en leerlinge van die Junior Sekondêre Skool ­Tsumkwe het verlede week hul werk hervat nadat hulle 'n petisie oor Afrikaans as taalkeuse vir onderrig aan 'n afvaardiging van die Ministerie van Basiese Onderwys en Kultuur en verteenwoordigers van Nantu oorhandig het.

• 'n Nuwe era in die stryd teen MIV/vigs is deur pres. Sam Nujoma in Windhoek ingelei ná nege jaar se vrugtelose pogings om die siekte as die nommer een oorsaak van sterftes in die land te bekamp.­

Kommentaar

Republikein 2025-10-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer