2 sterftes, 73 leerlinge toets positief
2 sterftes, 73 leerlinge toets positief
26 November 2020 | Gesondheid
Die Covid-19-verwante sterftes het met twee tot 147 gestyg, nadat twee mans onderskeidelik 68 jaar en 32 jaar oud in die Windhoek-distrik gesterf het. Uit vandag se rekordgetal van 149 gevalle 73 leerlinge van verskillende skole in Windhoek wat kontakte van bevestigde gevalle is. Uit die 73 gevalle is 68 van die hoërskool St. Joseph en wel 65 leerlinge en drie personeellede.
Die 149 gevalle (11%) kom nadat 1 327 weefselmonsters getoets is. Dit sluit 79 vroue en 70 mans in en die ouderdomme wissel van twee maande tot 75 jaar. Die nuwe gevalle sluit 105 in Windhoek, 38 in Lüderitz, drie in Swakopmund en een elk in onderskeidelik Otjiwarongo, Tsumeb en Katima Mulilo in. Die gevalle in die Lüderitz-distrik is hoofsaaklik uit die visbedryf.
Nog 16 mense het herstel wat die totaal op 13 355 te staan bring. Dit sluit nege in Erongo, drie in Oshana en twee elk in onderskeidelik Khomas en Omaheke in.
Die aktiewe gevalle staan nou op 650 waarvan vier in 'n baie ernstige of kritieke toestand is. Dit sluit twee baie ernstige en een kritieke geval in Windhoek en een kritieke geval in Erongo in.
Tot op hede is 151 721 weefselmonsters getoets, 3 051 kontakte word gemonitor en 439 mense is in kwarantyn.

Soortgelyk
Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle
3 ure gelede | Gesondheid
Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas
19 ure gelede | Misdaad
Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly
19 ure gelede | Misdaad
Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
19 ure gelede | Misdaad
Reënweer bring groot skade
19 ure gelede | Weer
Weer vir 11 Januarie 2021
19 ure gelede | Weer
Regering slaan toe op klaringsagente
19 ure gelede | Regering
Nafau wen in hof teen Shoprite
19 ure gelede | Arbeid
Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede
19 ure gelede | Infrastruktuur
Kleinadvertensies