2 hoës by Mr Price geskors
Hanlie Stadler 12 September 2019 1Twee senior bestuurders van die kleinhandelaar Mr Price is geskors terwyl ’n interne ondersoek na bewerings van wangedrag gedoen word.
Die maatskappy sê in ’n Sens-verklaring die “voorkomende skorsings” is gedoen ná “onlangse markbespiegeling” dat die twee en ’n verskaffer nie aan Mr Price se gedragskode voldoen het nie.
Daar word glad nie verduidelik waaroor die bewerings gaan nie, behalwe dat die groep eksplisiet sê: “Die bewerings hou nie verband met enige onreëlmatighede van finansiële verslagdoening nie, en betrek ook geen uitvoerende of nie-uitvoerende direkteure nie.”
Nigel Payne, voorsitter van Mr Price se direksie, sê: “Die groep bejeën voldoening aan sy gedragskode met groot erns en beskou dit as integraal tot sy waardes.”
Die aandeelprys het ná die nuus effens gedaal, maar teen 15:40 was die daling minder as 0,1%. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie