2 dood ná brand by Franse ski-oord
Vier mense is nog in ’n kritieke toestand ná ’n brand by ’n ski-oord in die Franse Alpe wat Sondag minstens twee lewens geëis het. Die vier is onder die 25 mense wat beseer is.
The Guardian berig die brand het voor dagbreek by die Courcheval-oord begin, waarna 60 mense inderhaas verwyder moes word.
Die twee mense se lyke is in die drieverdieping-gebou gevind. Die gebou was gebruik vir akkommodasie vir seisoenwerkers van die ski-oord.
Drie mense is per helikopter na ’n hospitaal geneem.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
Dit het 70 brandbestryders geneem om die brand onder bedwang te kry.
Video’s van die reddingspogings wys hoe die brandbestryders met lere by die gebou inklim en mense red. Een van die video’s wys ook hoe iemand uit die gebou spring, berig die BBC.
Foto Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie