2 Covid-sterftes per dag
2 Covid-sterftes per dag

2 Covid-sterftes per dag

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



In Augustus en tot op hede het Namibië 46 Covid-19-verwante sterftes aangeteken, wat dui op 'n gemiddeld van twee sterftes per

dag.

Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, het gister nog vier Covid-19-verwante sterftes aangekondig wat die totaal op 56 te staan bring. Volgens Muinjangue het 47 uit die 56 (84%) onderliggende mediese toestande gehad.

Die sterftes in Windhoek is onderskeidelik 'n 38-jarige man en 'n 50-jarige man met onderliggende mediese toestande. Die sterftes op Swakopmund en Keetmanshoop is onderskeidelik 'n 47-jarige man en 'n 62-jarige vrou. Nie een van dié gevalle het onderliggende mediese ­toestande gehad nie.

Muinjangue het ook 176 nuwe Covid-19-gevalle aangekondig, waarvan 95 vroue en 81 mans is. Die jongste is twee maande oud en die oudste 70.

Uit die 176 gevalle is 126 in Windhoek, vier op Walvisbaai, nege op Swakopmund, sewe op Mariental, drie op Rehoboth, nege op ­Oshakati, agt op Onandjokwe, twee op Tsandi, twee op Engela, een onderskeidelik op Otjiwarongo en ­Grootfontein, twee op Katima Mulilo en een ­

elk op Gobabis en Khorixas aangeteken.

Uit die land se 3 411 aktiewe gevalle is 12 in 'n ernstige en kritieke toestand. Dit sluit drie ernstige en drie kritieke gevalle in die Erongostreek en een ernstige en vyf kritieke gevalle in die Khomasstreek in.

Volgens Muinjangue het nog 54 gevalle herstel, wat die totaal op 2 553 te staan bring. Tot op hede is 51 605 weefselmonsters getoets, 6 218 kontakte word gemonitor en 1 255 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor die land.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-07-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer