2 Angolese glo vas met 6 olifanttande
2 Angolese glo vas met 6 olifanttande

2 Angolese glo vas met 6 olifanttande

Francoise Steynberg
Twee Angolese burgers, mnre. Daniel en Jobe Kambinda, is verlede Donderdag glo met ses olifanttande, 'n koedoevel en 112 ystervarkpenne by Rundu in hegtenis geneem.

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van 4 tot 10 Mei is twee nuwe sake aanhangig gemaak en drie verdagtes in hegtenis geneem.

Die derde verdagte, mnre. Webby Mangimba, wat verlede Vrydag by Katima Mulilo in hegtenis geneem is, se nasionaliteit is nog onbekend. 'n Haelgeweer en vier patrone is by hom gekonfiskeer.

Kommentaar

Republikein 2026-02-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer