191 nuwe gevalle, 87 in Windhoek
Uit 1 650 weefselmonsters het 191 positief vir Covid-19 getoets. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is 99 mans en 92 vroue. Die jongste is een maand oud en die oudste 92 jaar oud. Uit die 191 gevalle is 87 in Windhoek, 14 in Walvisbaai, ses in Usakos, drie in Omaruru, twee in Swakopmund, 17 in Keetmanshoop, twee in Karasburg, een in Lüderitz, 13 in Rundu, nege in Mariental, drie in onderskeidelik Rehoboth, Otjiwarongo en Okahandja, twee in Okakarara, sewe in Tsumeb, een in Onandjokwe, vyf in Oshakati, twee elk in Oshikuku en Outapi, vier in Gobabis, drie in Engela en een elk in Opuwo en Katima Mulilo. Dit bring die totaal vir die land op 8 514 te staan.
Volgens Shangula het gevalle in veral streke soos Ohangwena, Zambezi, Otjozondjupa en Oshikoto die hoogte in geskiet. Nog 32 mense het herstel, waarvan 24 in Khomas en agt in Omusati. Dit bring die totaal op 3 643 te staan.
Uit die 4 784 gevalle is 16 gevalle baie ernstig of kritiek. Sewe gevalle in die Khomasstreek is baie ernstig en vyf kritiek. In die Erongostreek is vier gevalle kritiek.
Die getal sterftes vir die land staan steeds op 87, 8 867 kontakte word gemonitor, 68 937 weefselmonsters is tot op hede getoets en tans is 1 464 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie