181 nuwe gevalle, twee sterftes
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, sê uit 1 914 weefselmonsters wat getoets is vir Covid-19, het 181 positief vir die siekte getoets. Volgens Muinjangue is twee mense aan Covid-19-verwante oorsake dood en wel 'n 58-jarige man van Windhoek met onderliggende mediese toestande en 'n 36-jarige vrou van Eenhana wat geen onderliggende mediese toestande gehad het nie. Dit bring die totale getal sterftes vir die land op 98 te staan.
Uit die 181 nuwe gevalle is 100 vroue en 81 mans. Die jongste is een jaar oud en die oudste 80 jaar oud. Uit die 181 nuwe gevalle was onder meer 16 in Windhoek, 27 in Keetmanshoop, ses in Karasburg, 16 in Walvisbaai, sewe in Rehoboth, 11 in Swakopmund, sewe in Okahandja en vier in Usakos.
Volgens Muinjangue was daar 'n beduidende afname in gevalle die afgelope twee weke met 'n afname van 20% in vergelyking met die twee weke voor die herinstelling van fase drie van die noodtoestand.
Die adjunkminister sê 'n afname van 851 gevalle is in sewe streke waargeneem waaronder Khomas, Erongo, Oshana, Oshikoto, Omusati, Omaheke en Zambezi. //Kharas, Hardap, Otjizondjupa, Kavango-Oos, Kavango-Wes, Ohangwena en Kunene het egter 'n styging van 203 bevestigde gevalle getoon.
Muinjangue sê nog 131 mense het herstel wat die totaal op 4 898 te staan bring. Dit sluit 109 gevalle in Khomas, 14 in //Kharas, drie elk in onderskeidelik Hardap en Omusati en twee in Oshana.
Die aktiewe gevalle staan op 4 441 waarvan 20 baie ernstig of kritiek is. Tot op hede is 77 421 weefselmonsters getoets, 9 589 kontakte word gemonitor en 1 164 is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie